|
|

|
Groeplede:
Adèle Fouché
Vocals, Mondfluitjie en Kitaar

Lila Botha
Dromme

Anna Steenkamp
Vocals en Keyboard

Razz Kosterman
Vocals, Viool en Kitaar

Elmi Botha
Baskitaar
|
|
SAARKIE - die enigste "All-Girl-Rock" band in Suid-Afrika wat tans vir elke aspek van hulle musiek en uitvoering daarvan, verantwoordelik is. Met hulle eiesoortige styl en vibe wanneer dit kom by Alternatiewe Pop Rock tesame met vertonings in beide Afrikaans en Engels, is hulle musiek ñ kombinasie van talent en passievolle energie wat met dinamika, sinergie en talent oortuig.
Meer oor SAARKIE:
SAARKIE het in 2009 hul debuut album "Luister" vrygestel. Die album is saamgestel uit 12 oorspronklike snitte waarvan 3 Engels is. Hierdie album het ñ goeie indruk op die Suid Afrikaanse mark gemaak, en het die SAARKIE naam behoorlik in die geheues en harte van gehore landwyd gevestig. Die groep se eerste musiekvideo het sy oorsprong ook aan die debuutalbum te danke dit is vir die snit "Sneeu in Afrika" geskiet en was gereeld gespeel op DSTV se MK.
SAARKIE het in Maart 2011 hul tweede album, naamlik "Identiteit" bekend gestel. Die album is geproduseer deur Sean Manley en Zanda Traut en is opgeneem by Manley Studios in Pretoria, waar van SA se mees bekende kunstenaars al albums opgeneem het.
SAARKIE se musikale groei vanaf die vrystelling van hul eerste album is merkwaardig en grotendeels te danke aan die feit dat al die lede van SAARKIE nou gegradueerde musikante is en dus hul instrumente beter kon bemeester en sodoende hul musiek kon verbeter in terme van kwaliteit. IDENTITEIT bring ñ unieke kombinasie van sang en instrumente na die Suid-Afrikaanse musiek industrie wat verseker SAARKIE se merk in die wêreld van rock sal agterlaat.
|
|
|